Die dag van die taxi’s – nie

OM ONS WOED DIE CHAOS

Die dag van die taxi’s – nie

ANASTASIA DE VRIES vertel van die dag toe die wêreld mal geword het, van verkeersknope en vrees; die dag toe die sogenaamde taxi-staking begin het.

AAN die ander kant van die geelstreep hang ’n man aan die deur van ’n trok, klouend aan die slot, sy voete gestut op die buffer. Die trok ruk tot stilstand toe nog ’n voertuig voor hom inbeur. Die man se voet gly. Die buffer versit. Ry verby, sê die spraaksaamste vrou in onse ryklub. Sy wil nie sien as die man daar afgly en ’n kar trap hom dood nie. Hy kon al geloop het dan was hy al daar, sê onse bestuurder.

Die sypaadjies krioel van mense met snaar en stamboel op pad na daar. Dit lyk die hele wêreld is op loop. Vandag kom niemand by die huis uit nie, weer dieselfde vrou. Hy kan nie verby nie, sê die bestuurder asof ons nie kan sien ons sit vas soos muise op ’n valreep nie. Buffer teen buffer. Om ons woed die chaos. Ure lank ry ons al so, sit-sit. Slinger van anderkant die sperstreep na die linkerbaan na die spersone en weer terug, heen en weer. Maar ons sit, vorder geen aks nie. Vandag ry niemand in die regterbaan nie, almal vermy die afdraai na die R300, daar brand ’n motor voor in daai pad en verder aan ...    

Nee sies, sê mev. Spraaksaam toe ons bestuurder sy neus nog ’n keer oor die geelstreep beur, halflyf in die linkerbaan, jy ry nou nes ’n taxi. Al is daar nie een in sig nie, hul dienste met “onmiddellike effek” onttrek, in die nasleep van die verwagte berigte en gerugte der taxi-geweld...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.