Oos-Kaapse taxibestuurder boer nou vooruit met kool

VAN TAXI'S NA GROENTE

Oos-Kaapse taxibestuurder boer nou vooruit met kool

Siphosihle Maseko het sy oom se taxi bestuur totdat hy genoeg geld gespaar het om in 2020 op 2 ha grond met groenmielies te begin boer. Van Maart tot Desember verlede jaar het hy 15 000 koolkoppe per maand geproduseer (hy wil dit vanjaar vermeerder), en hy bedien die formele én informele markte, skryf SINENHLANHLA NGWENYA van Food for Mzansi.

AL het hy in die landbouhartland van Keiskammahoek in die Oos-Kaap grootgeword, was dit die dood van sy geliefde ma in 2014 wat Siphosihle Maseko besiel het om boerdery − sy ware roeping − te begin volg.

Vandag floreer sy plaas van 10 ha, maar Maseko onthou steeds die moeilike tye ná sy ma se dood toe hy moes meet en pas. Sy ma, Xoliswa Maseko, was van ’n Sassa-toelaag afhanklik, en skielik moes hy ook sorg vir sy ouma, Ntombomzi Maseko.

“Ek het die plaas begin omdat ek honger was,” erken hy...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.