Dinamiese Karoo-duo wys saamboer kán werk

VRIENDE EN VENNOTE

Dinamiese Karoo-duo wys saamboer kán werk

Twee jong manne van die Karoo is stil-stil besig om te wys hoe saamboer en vooruit boer hand aan hand kan loop. Dit is ’n storie vol liefde en drome en wonderlike geduld. ’n Ware verhaal wat weer eens bewys dat terwyl politici en mense agter mikrofone geraas maak, daar gewone Suid-Afrikaners is wat die eintlike werk doen. WILLEM VAN DEN BERG vertel.

  • 08 Oktober 2021
  • Mense & Kultuur
  • 9 min om te lees
  • artikel 2 van 30
  • Willem van den Berg

’N JONG boer van Carnarvon het een aand in 2017 met my begin gesels en my van sy vriend Spies vertel. Hy en Spies het mekaar leer ken toe hulle saam rugby gespeel het, het Juan Louw vir my gesê. Dit was bietjie van ’n toevalligheid én bietjie van ’n wonderwerk, want dit het gebeur toe iemand ’n slag reël dat die span uit die bruin woonbuurt saam met die dorpspan speel. Dit was tóé dat Louw en Demetrius Sas aan die praat geraak en besef het hulle het dieselfde liefde en droom: om te boer en dit eendag op hul eie stukkie aarde te kan doen.

’n Wit flank en 'n bruin slot. Karooseuns met twee geskiedenisse, maar een toekomsplan. “Ons het sommer dadelik lekker gesels. En dik stukke boerdery gepraat. Jis, en ek kon hoor hoe erg Spies oor boer is,” het Louw verder vertel. “Die ou het ’n intense liefde vir sy skaap gehad. Maar hulle was op die dorp se opgevrete meentgronde en dit was ’n lelike gesukkel om hulle in kondisie te hou. Hy wou vooruit boer en dit was basies onmoontlik met die veld wat hy tot sy beskikking gehad het. Ek wou hom graag help, maar in daardie stadium het ek vir my pa geboer vir ’n salaris en skuld gemaak om self ’n klompie skaap te koop. Die grond waar hulle geloop het, moes ek huur. Dit was toe al droog, so dit was maar by my ook ’n helse gespook.

Geen antwoorde..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.