’n Sprankie hoop vir ’n regverdige regstelsel

'N GRYS GEBIED

’n Sprankie hoop vir ’n regverdige regstelsel

As mens kyk hoe die appèlhof telkens skuldigbevindings en vonnisse versag, is rassevooroordele in Suid-Afrikaanse howe nie noodwendig ’n saak van swart en wit nie, skryf CHRIS MARNEWICK SC.

“THERE’S no way a black man can receive a fair trial before a white judge.”

Dis die dag nadat die bomplanter Andrew Zondo in 1986 ter dood veroordeel is, en Louis Skweyiya, my kollega wat hom verdedig het, het erg beswaard by die advokate se teekamer in Durban ingestap met dié woorde, wat self ’n bom sou kon wees in ons veelrassige groep.

Die landmyn wat Zondo op 23 Desember 1985 in die Sanlam-winkelsentrum in Amanzimtoti laat ontplof het, het vyf lewens geëis, van wie drie kinders was. Skweyiya was ongelukkig omdat regter Ray Leon sy aansoek om uitstel geweier het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.