Wat gaan Geordin met JP maak?

TAXI-STAKING

Wat gaan Geordin met JP maak?

Die taxistaking in die Kaapse metro is amptelik verby, maar die onderliggende dinamika laat ALI VAN WYK wonder oor die pad vorentoe.

MET die Santaco-taxistaking, wat die Kaapse ekonomie kwaai geknou het, het ’n sterk klemverskil vir die eerste keer na vore gekom in die benadering van die jong burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, en sy burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith.

Die veranderende situasie en die druk van alle kante af is besig om te ontwikkel tot Hill-Lewis se grootste toetse nog.

Die 52-jarige Smith is ’n veteraan van vele veldslae en ’n karakter wat opinies skerp verdeel. Een deel van die Kaapse publiek dra hom op die hande as die laaste bastion van wet en orde, en dis min of meer hoe hy homself beskou. Maar ’n ander deel van die Kaapse publiek, en jy kan alle taxiverenigings vir seker hierby insluit, beskou hom as ’n boelie en beskermer van slegs die middel- en hoër klasse se maatskaplike en ekonomiese belange...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.