Waarom is die Franse so lui? (En ander vreemde vrae)

WAT DIT BETEKEN OM FRANS TE WEES

Waarom is die Franse so lui? (En ander vreemde vrae)

Dis moeilik vir die res van die wêreld om te begryp waarom die Franse so ontstig is oor die nuwe pensioenwetgewing wat die president pas op sy landgenote afgedwing het. Dis selfs moeilik vir iemand wat al dekades lank in Frankryk woon. Maar dis beslis nie omdat die Franse luier of dommer as ander nasies is nie, skryf MARITA VAN DER VYVER.

“IS jy en jou mense oukei?” wou verskeie vriende in Suid-Afrika en ander Europese lande die afgelope maand by my weet nadat hulle video’s in die media gesien het van die duisende tonne vullis wat in Parys se strate opgaar; van die imposante deur van Bordeaux se stadsaal uit die 1700’s wat aan die brand gesteek is; van die berugte casseurs, wat letterlik “brekers” beteken, groepe betogers in swart geklee en met swart maskers wat motorruite en winkelvensters breek en die polisie tart.

Buite konteks lyk sulke beelde altyd meer dramaties as wat dit eintlik is, en baie van die kommentaar in die Afrikaanse media is vir my nogal amusant. “Wow, en dit omdat hulle net tot 62 wil werk? Unreal ...” skryf Peter H in Netwerk24 se kommentaar-afdeling. “Dalk is die Franse net te gemaklik?” bespiegel ene Blitsbreinbekkie. Nog iemand onder ’n skuilnaam: “Geen wonder my voorouers het destyds uit Frankryk gevlug nie. Die plek lyk gevaarlik!” Of, dalk die vreemdste van al die opmerkings: “Lyk soos ou Suid-Afrika.”

Maar hoewel dit my laat glimlag, besef ek weer eens hoe moeilik dit is om die verbete opstand teen die pensioenwetgewing aan enigiemand buite Frankryk te verduidelik. Ná vele gesprekke met Franse familie en vriende die laaste paar weke, terwyl ek gereeld na debatte op Franse radiostasies luister (dis nou wanneer die aanbieders nie staak nie) en meningsartikels in Franse koerante lees, begin ek die Franse betogers en stakers se standpunt al hoe meer waardeer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.