Die sjarmante verkragter wat reëls na sy sin kan buig

GAAN HY WEER GEVIND WORD?

Die sjarmante verkragter wat reëls na sy sin kan buig

Min dinge oor die ‘Facebook-verkragter’ Thabo Bester is absoluut seker, en allermins wat uit amptelike oorde oor hom gesê word – selfs nie eens sy naam nie, skryf WILLEM KEMPEN.

THABO BESTER het as die Facebook-verkragter bekend geword omdat hy dié platform gebruik het om jong vroue met beloftes van ’n glansryke loopbaan as model te oortuig om hom te ontmoet en hulle dan te beroof en in minstens twee gevalle te verkrag. Dis ’n resep wat hy tot vandag toe nog gebruik: om met sy sjarme sy slagoffers se vertroue te wen sodat hy sy sin kan kry.

Bester se weergawe van die waarheid is gewoonlik nie dieselfde as ander mense s’n nie. Soos voordat hy uiteindelik in hegtenis geneem is vir die misdade waarvoor hy in 2012 lewenslank tronk toe gestuur is: Hy het ’n ondersoekbeampte gebel en aangebied om homself oor te gee mits daar oor sy tronkstraf “onderhandel” kan word. Toe hy hoor dat hy nie die tronk sou kon vryspring nie, het hy die oproep beëindig deur te sê hy sou homself dan eerder om die lewe bring.

Met sy verhoor in 2011 het hy in een stadium in trane uitgebars en aan die hof gesê hy is as kind verskeie kere deur ’n vriend van sy ouma verkrag. En hy het strykdeur volgehou dat die moord op sy vriendin Nomfundo Tyhulu “’n ongeluk was terwyl hulle oor ’n mes gestry het (https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2023-03-28-watch-thabo-besters-harrowing-interview-claiming-girlfriends-murder-rapes-were-accidental/)”:..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.