Taxi na politieke mag

LOOD OF POTLOOD

Taxi na politieke mag

Die minister van vervoer, Fikile ‘Fear Fokol’ Mbalula, kom nie die mas op met die onbelaste skop-skiet-en-donder-taxibedryf nie, en hoe meer jy van hulle weet, hoe banger is mens, skryf PIET CROUCAMP.

IN die 1990’s het oudpres. Nelson Mandela 'n vergadering met die taxibedryf gehad in 'n poging om hulle te oortuig van die noodsaaklikheid van regulering. Een van die taxibase het reguit aan Mandela gevra of regulering ook belasting impliseer. Effe naïef het die man wat die Nasionaliste tot oorgawe gedwing het, gesê dit is noodwendig só. Die vergadering het kort daarna verdaag en geen lid van die regering het in die volgende 25 jaar weer fiskale motiverings as 'n noodwendigheid in formele gesprekke met die bedryf opgehaal nie. Die taxibedryf weier skaamteloos om belasting te betaal. 

Die afgelope twee weke het dit baie duidelik geword dat pres. Cyril Ramaphosa intens daarvan bewus is dat die minister van vervoer, Fikile Mbalula, nie die broek dra in die gesprekke met die taxibedryf nie. Op aandrang van die president en in 'n poging om die wanbalans in magsverhoudings beter te kalibreer, is die wetenskaplikes wat in Maart vanjaar Suid-Afrikaners van 'n grendeltyd moes oortuig weer opgeroep om hul softshoe shuffle te doen. Hierdie keer voor die nasionale taxiverenigings Santaco en die NTA se bestuurspanne.

'n Taxi neem, as voorbeeld, ongeveer 20 tot 45 minute om 'n passasier vanaf Soweto na Orange Grove in Johannesburg te vervoer. Die wetenskaplikes het 'n waterdigte argument gevoer dat dié voorstedelike rit 'n redelike kans het om die passasiers 'n droë hoesie te gee. Uiteindelik sou die taxibase instem dat die regering die beskermende toerusting sou voorsien en die nasionale Covid-bevelsraad sou instem dat taxi’s tot volle kapasiteit gelaai kon word. Jy kan nou self besluit wie het beter onderhandel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.