‘Ek wag op die tyd ná corona, op ’n nuwe Suid-Afrika’

TEL ’N KLIPPIE OP

‘Ek wag op die tyd ná corona, op ’n nuwe Suid-Afrika’

Versteekte wol- en klipuiltjies wat hul verskyning oornag en op die onwaarskynlikste plekke in haar dorpie maak, saai vreugde te midde van al die verskrikking van die virus. En dit laat ANASTASIA DE VRIES besef dat sy nie wil hê dinge moet weer wees soos dit was nie. Sy hou van hoe haar mense nóú is.

EK het vandag ’n klip opgetel, sê ek nou die ander dag vir die meisiekind aan wie ek hoeveel jaar gelede op ’n mieserige Sondagoggend in Mei die lewe geskenk het. My ma het ’n klip opgetel, fluister sy vir onse AnneKind. Tel sy dan nie maar altyd en oral klippe op nie, hoor ek dié vra. Droogweg, soos net sy kan.

Djyte klip opgetel, Moeder? Jis, jis, jis, kreet Moeder, doof vir die lag in EieKind se stem. Sy’t gaan stap dié oggend, die moeder, bergop, op soek na een van die uile wat haar dorpie in hierdie dae laat kraai van plesier. Hulle sê as jy ver genoeg loop en fyn genoeg kyk, sal jy dit vind: ’n uil – kunstig gehekel uit wol in elke kleur denkbaar, groot, bont knope vir oë en ’n nog bonter snawel – aan ’n tak, in die mik van ’n boom of tussen blare en klippies op die grond.

“Mystery Owls", noem die mense dit. Niemand weet wie die skepper is nie. Of watter dag die uile sal verskyn nie. Soms is daar net een, soms meer, sê die mense. Jy is gelukkig as jy een vind. Deesdae verander menige stapper in ’n skattejagter, oë op die grond of hoog in die takke. En as jy gelukkig is ... Geen klank sal ooit weer vir my so mooi wees soos die vreugdekrete van ’n mens wat ’n eenvoudige stukkie skoonheid gevind het nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.