SÊ hul name, vra die jongman. Sê hul name. Die Facebook-plasing het net gepraat van onse gevalle helde van 1976, hulle wat hul lewe vir die bevryding van dié land verpand het.
Maar soos Jolyn Phillips in haar bundel Radbraak oor Ashley Kriel en Anton Fransch dig, word “die liggame gebars tot galg en rad / [...] met horte en stote ter tafel gelê”. Iemand noem sy oom se naam, Bazil Albern vannie Elsies. Nog een, Isaac Barnes en Rodney Cooke vannie Bontas (Bonteheuwel). ’n Ander, Edward Fish vannie Ravensmead; sy pa huil altyd wanneer hy dié tyd van die jaar oor sy koptjommie praat, skryf hy. Almal ken die naam Hector Pieterson.
Byna niemand herken die name van hulle wat sedert 1976 in die struggle gesterf het op die deel van ’n alfabetiese lys wat later geplaas word nie. “Die vergetenes”, lui die byskrif. Hier en daar herhaal iemand iets oor ’n naam uit ’n struggle-verhaal wat hulle soos ’n slaaptydstorie uit hul kinderdae ken. Die meeste weet nie. Die mense staan nie in hul geskiedenisboeke nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
DIE VERGETENES
Jeugdag is vir te veel nog #AlutaContinua
Wie glo jou as jou geskiedenis nie in ’n boek geskryf is nie, as jy nie bewyse het nie? vra Anastasia de Vries.
Deel
SÊ hul name, vra die jongman. Sê hul name. Die Facebook-plasing het net gepraat van onse gevalle helde van 1976, hulle wat hul lewe vir die bevryding van dié land verpand het.
Maar soos Jolyn Phillips in haar bundel Radbraak oor Ashley Kriel en Anton Fransch dig, word “die liggame gebars tot galg en rad / [...] met horte en stote ter tafel gelê”. Iemand noem sy oom se naam, Bazil Albern vannie Elsies. Nog een, Isaac Barnes en Rodney Cooke vannie Bontas (Bonteheuwel). ’n Ander, Edward Fish vannie Ravensmead; sy pa huil altyd wanneer hy dié tyd van die jaar oor sy koptjommie praat, skryf hy. Almal ken die naam Hector Pieterson.
Byna niemand herken die name van hulle wat sedert 1976 in die struggle gesterf het op die deel van ’n alfabetiese lys wat later geplaas word nie. “Die vergetenes”, lui die byskrif. Hier en daar herhaal iemand iets oor ’n naam uit ’n struggle-verhaal wat hulle soos ’n slaaptydstorie uit hul kinderdae ken. Die meeste weet nie. Die mense staan nie in hul geskiedenisboeke nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Neem bestek op van jou binnekring
Stories word uit vreemde plekke gebore
Droëbrooddag word Krismis in Kalkfontein
Om deur ’n wond asem te haal
Metafore teen die vrees en onsekerheid
Deel
-
Deel
Anastasia de Vries
Bydraende redakteurAnastasia is dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland, skryf soms, haar hartsgrond is in Ravensmead se lane en sy is mateloos verlief op haar studente, veral die eerstejaars.