Kirvan Fortuin: Die lenige, dansende dromer van Macassar

GLINSTER SOOS 'N HELDER STER

Kirvan Fortuin: Die lenige, dansende dromer van Macassar

Ons is armer en ons harte skeur nadat dié jong danser, choreograaf en aktivis 'n week gelede gesterf het, skryf HERSCHELLE BENJAMIN. ‘Kirvan was een van die grootste talente, ankers en inspirasies van my generasie. Sy drome was nie net syne nie, maar altyd ook vir sy gemeenskappe ...’

KIRVAN Fortuin het my na een van sy vogue balls in Zer021 in Kaapstad genooi kort nadat ek vir my joernalistieke internskap daarheen getrek het. By hierdie sogenaamde vogue balls, wat uit die LGBTQI+ drag ball-kultuur van die 1990’s in New York ontstaan het, word daar ge-“ramp" vir trofeë en pryse. Dit is glansryke geleenthede vir die plaaslike queer-gemeenskap in dié gay-nagklub.

Maar dis eers ’n paar maande ná sy uitnodiging dat ek en ’n vriend uiteindelik by Zer021 inloop, en daar is Kirvan op die verhoog as Mother Le Cap van House of Le Cap tydens ’n vogue ball. Ek was so oorstelp om dit uiteindelik te beleef.

Daardie aand het ek Kirvan werklik op sy gelukkigste sien glinster soos ’n helder ster bo al die draaie van die glitter ball en die applous. Met sy rooi hoëhakskoene en bedazzled tutu wat sy lenige bene beklemtoon, paradeer hy heen en weer met die mikrofoon in sy hand. Met elke beweging wat hy maak, is die gul krete van die klubgangers oordonderend soos vir ’n geliefde koningin uit ’n sprokie. Dis iets wat ek nog nooit tevore beleef het nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.