Weermagtaktiek eggo oor rugbyveld

SOLDATE, STRYDERS EN SPELERS

Weermagtaktiek eggo oor rugbyveld

Het die ou Suid-Afrikaanse Weermag 'n rol in die Springbokke se Wêreldbekeroorwinning van 2019 gespeel? vra ALBERT GRUNDLINGH.

WAT het die seëvierende Springbokke se hoofafrigter, Rassie Erasmus, en sy verdedigingsafrigter, Jacques Nienaber, met die ou SAW gemeen?  Om hierdie vraag te probeer beantwoord is dit nodig om so effe in die verlede te krap.  

Histories was daar 'n noue verband tussen rugby en verskillende Suid-Afrikaanse weermagte. Gedurende die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) was rugby onder die Boere in sommige krygsgevangenekampe 'n gewilde tydverdryf. Eweneens gedurende die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) het rugby onder sekere Suid-Afrikaanse troepe gedy.

Dit was egter onder die apartheidsweermag dat rugby vanaf omstreeks 1967, met die instelling van verpligte diensplig, werklik in die verdedigingstrukture posgevat het. 'n Goeie rugbyspeler het 'n bevoorregte posisie in die weermag gehad en is soms vrygestel van alledaagse pligte wat gewone troepe gegeld het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.