’n Ou Ferguson, oom Kaalvoet en die Minoralem-truuk

MEKÊNIEKS EN MUILE

’n Ou Ferguson, oom Kaalvoet en die Minoralem-truuk

In die vroeë jare van die Vaalharts-besproeiingskema was daar niemand wat meer van trekkerenjins geweet het as oom Kaalvoet du Preez nie. JAN HORN onthou ’n dag toe oom Kaalvoet hom en sy pa sommer so oor die telefoon met ’n sieklike ou Ferguson genaamd Vaaljapie gehelp het. Vandag gesels sy pa en oom Kaalvoet kopstukke oor Vaaljapies daar in die hemel.

IN die vroeë jare van die Vaalharts-besproeiingskema het die boere almal muile gebruik om mee te ploeg, plant en saai. Ek was touleier vir my pa se vierspan muile – Donker, Malgas, Nartjie en Lemoen. Nou ’n muil is ’n ongeskikte ding. As hulle jou nie in jou nek byt nie, trap hulle met opset op jou hakskene. Ek verpes muile.

Vir perde het ek ook nie veel respek nie, want enige dier wat toelaat dat ’n ander dier op sy rug ry, kan nie baie slim wees nie. Nee, ’n donkie is my voorkeur. Want donkies dink. Jy sien hulle so staan in die weiveld. Kop effens laag. Hy dink. Hy dink onder meer of hy moet werk of nie en hy dink oor die lewe. Van ’n donkie. Vir donkies het ek baie respek. 

Hier in die 1950’s het die Vaalharts-boere hulle muile begin verruil vir trekkers. As klein seuntjie was ek in die wolke. Geen muile se gebyt, skop, inspan en uitspan nie. Ons eerste trekker was ’n Ferguson, gebou deur die legendariese Harry Ferguson...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.