Bruin jeug duld nie langer hul swart broers en susters se ...

SLEGTE KONNEKSIES

Bruin jeug duld nie langer hul swart broers en susters se rassisme nie

ANASTASIA DE VRIES sê ons swyg in al 11 amptelike tale oor die omgekeerde -isme waaroor al hoe meer jong mense hulle byna daagliks na sosiale media wend: die rassestereotipering van swart teenoor bruin. En om te sê ons weet nie daarvan nie, is nie meer ’n geldige verskoning nie.

SY'T ’n foto van haar seuntjie geplaas, sy gesig agter ’n masker verberg, nie eens ’n oog steek uit nie. “My bandiet raak nou next level kiembestand," spot sy. Oepsie! Stadig met die b-woord, word sy terstond vermaan, kompleet met veelseggende ellips: Slegte konneksies met die verlede ...

Die ma is deur elke woordeboek in haar huis. Sy is verward. Beangs, selfs. Het sy êrens ’n rassekonnotasie met die benaming “bandiet” gemis? Is die “b-woord” in Suid-Afrikaanse speak dan tog maar net nog ’n naam vir die k-woord? In haar kop leef immers die herinneringe aan gevangenes van alle kleure en kulture wat in hul bure se tuin werk. As sy meen “bandiet” verwys na ’n bepaalde ras, ter uitsluiting van wit mense, het sý ’n probleem, wys die bandiet se ma toe haar kwaadprater tereg.

Sien, haal ’n oudkollega later dié voorvalletjie op, gee ’n ding ’n naam, al is dit nou ook iets so simpel soos “b-woord”, en jy druk dalk die skalpel in nog ’n sweer van die verlede in. Soos in: If we name it, we can shame it. Om te praat oor die onnoembare. Oor die slegte “konneksies” met die verlede wat al hoe meer soos ’n sweer oor sosiale media uitbloei...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.