Regter Zondo se harde oordeel oor Ramaphosa en die ANC

VERBATIM

Regter Zondo se harde oordeel oor Ramaphosa en die ANC

As adjunk-hoofregter is Raymond Zondo die Nommer Twee op die regbank. In sy spontane, soms driftige opmerkings aan die einde van die getuienis voor sy kommissie van ondersoek na staatskaping deur Prasa se raadsvoorsitter, Popo Molefe, het Zondo 'n verdoemende oordeel oor die uitvoerende gesag, die parlement en die ANC se houding jeens korrupsie uitgespreek. Hy verwys selfs na pres. Cyril Ramaphosa, sonder om sy naam te noem. Hier is 'n verbatim vertaling (effens verkort) van sy buitengewone standpuntstelling.

  • 03 Julie 2020
  • Vrye Denker
  • 6 min om te lees
  • artikel 11 van 26
  • Adjunk-hoofregter Raymond Zondo

VIR 'n geruime tyd al plaas ek klem op die rol van die parlement in terme van oorsig. Maar dit is dalk ’n deel van die probleem dat as 'n senior ampsdraer in die regerende party, byvoorbeeld, bewus is van ’n ander senior lid van die regerende party of 'n leier wat by ’n misdryf betrokke is, hy of sy dalk bang gaan wees om die regte ding te doen en te sê: maar jy mag dit nie doen nie en die organisasie moet teen jou as ’n lid van die organisasie optree, want jy skend die reputasie van die organisasie.

Hy of sy is dalk bang om so 'n standpunt in te neem omdat hy of sy daardie leier nodig het vir die bevordering van sy of haar politieke loopbaan; of hy of sy het dit nodig dat die ondersteuners van dié leier vir hom of haar moet stem die volgende keer as hy of sy 'n hoër posisie wil hê of die volgende keer sy of haar naam op die lys wil sien van dié wat parlement of ’n wetgewer toe moet gaan.

En as ek, as 'n lid van die regerende party, iemand in die party sien wat in die regering of in die uitvoerende gesag is, of dit nou die president of 'n minister is, en ek besef ek is verplig om hulle aanspreeklik te hou en ek wil dit doen, word ek bang. Want dié persoon, as hy die president is, is die een op wie ek staatmaak om my ’n minister of adjunkminister te maak en hy en sy ondersteuners is die mense wat my ’n komiteevoorsitter in die parlement moet maak...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.