Te hel met julle, sê Allan Boesak oor ’n uitnodiging na UDF40

BESKERM ONS DEMOKRASIE

Te hel met julle, sê Allan Boesak oor ’n uitnodiging na UDF40

ALLAN BOESAK was ’n sleutelfiguur in die stigting van die UDF en die People’s Power-beweging van die 1980’s. Popo Molefe, gewese sekretaris-generaal van die UDF, het Boesak na die 40ste verjaardagviering van die UDF op 20 Augustus genooi, maar Boesak het dit in ’n brief met skerp kritiek op die ANC van die hand gewys. “Ek glo nie die gees van die UDF kan ’n tuiste in die ANC van vandag vind nie,” skryf hy.

  • 11 Augustus 2023
  • Nuus & Politiek
  • 16 min om te lees
  • artikel 7 van 32
  • Allan Boesak

DAAR is vandag nog mense wat Allan Boesak se toespraak by die bekendstelling van die UDF in die Rocklands-gemeenskapsaal in Mitchells Plain op 20 Augustus 1983 kan resiteer. Die vergadering is deur verteenwoordigers van meer as 500 geloofs-, arbeids- en gemeenskapsorganisasies bygewoon.

Die UDF se People’s Power-veldtogte het waarskynlik ’n belangriker rol gespeel om die apartheidsregering na die onderhandelingstafel te dwing as Umkhonto we Sizwe.

In sy brief aan Molefe verwys Boesak na die ANC se ontbinding van die UDF as die ANC se “interne vleuel”; ’n valse aanspraak, sê hy: “Ek vind die herhaling van die ou Nasionale Party se propagandatroop onuitspreekbaar sinies, want wat maak dit van jou as jy die een is wat jou eie kind vermoor het?”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.