Cyril is reg oor Gaza, maar ...

ISRAEL, PALESTINA EN SUID-AFRIKA

Cyril is reg oor Gaza, maar ...

Cyril Ramaphosa het nie 'n volledige begrip van die kompleksiteite van die konflik in Gaza nie, maar alle verantwoordelike mense behoort sy standpunt oor die onlangse geweld te verstaan, skryf PIET CROUCAMP.

DIE ANC het Maandag 'n verklaring uitgereik waarin dié bevrydingsbeweging sy steun bevestig vir die saak van die Palestyne in die Gazastrook en die besette Wesoewer. Op sigself is daar absoluut niks met die verklaring fout nie, maar die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes en opposisiepartye het daarop reageer asof die ANC en pres. Cyril Ramaphosa steun vir terrorisme en spesifiek vir Hamas uitgespreek het.

Ek kon nêrens 'n verklaring sien waar Ramaphosa die ANC se politieke belange met dié van Hamas verbind nie. Om die waarheid te sê, die Suid-Afrikaanse president het 'n duidelike saak gemaak oor die absoluut onhoudbare situasie van die Palestyne in die besette Wesoewer en ook die lot van die inwoners van Gaza, waar militêre operasies ná die brutale geweld van Hamas in die suide van Israel oorlewing in dié verarmde landskap 'n lewende hel maak.

In Ramaphosa se verklaring, wat vroeër die week tydens 'n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee in besonderhede bespreek is, skryf die president: “Soos baie mense oor die wêreld heen het Suid-Afrikaners sedert verlede Saterdag met groot angs en pyn die verwoestende geweld en vernietiging in Israel en Gaza aanskou. As Suid-Afrikaners het ons dit deel van ons nasionale DNS gemaak om vas te staan ​​teen alle vorme van vooroordeel, insluitende rassisme, anti-Semitisme, Islamofobie en xenofobie. Ons gedagtes en gebede is by die mense van Palestina sowel as Israel terwyl hulle deur hierdie moeilike tye gaan.” As 'n basis-filosofie behoort hierdie as 'n ideaal vir alle Suid-Afrikaners te geld...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.