’n Goddelose landskap waar die waarheid nooit in eenvoud gebore word

WAAR IS JY VANDAG, ABED?

’n Goddelose landskap waar die waarheid nooit in eenvoud gebore word

PIET CROUCAMP het Israel en Gaza byna vier dekades gelede besoek, en wonder hoeveel van die kinders daar steeds niks anders ken as honger, vrees en geweld nie.

AAN die einde van my militêre diensplig in die middel 1980’s, en voordat ek weer op grond van my ouderdom tot die Universiteit van Stellenbosch toegelaat sou word, ryloop ek deur Europa. Israel is my verste mikpunt oos van die Britse Eilande. Ná maande deur Wes-Europa is ek op ’n boot vanaf Bari in Italië na Patras in Griekeland. Ná vele omswerwinge in en om Athene kies ek koers na Istanbul in Turkye en ryloop van daar wes via Ankara en dan suid na die dorpie Marmaris.

Marmaris sit gerieflik in ’n vallei langs die Turkse Riviera (ook bekend as die Turquoise Coast), tussen berge oortrek met dennebos en langs die helder water van die Mediterreense See. Dit is gewilde seil- en duikbestemming. In ’n plaaslike jagklub is die bier koud en die atmosfeer vervul met lewensvreugde. Drank verdra nie onreg nie, en in die vroeë oggenduur betrek ek ’n onrustige Turk met ’n steelhou. Die Deense meisie saam met my beweer die Turkse polisie soek my, en met eerste lig vlug ek inderhaas per veerboot na die Griekse eiland Rhodos.

Soos die boot die hawe verlaat, vervloek ek myself. Ek wou nog kyk of ek oor die grens na Iran kon ryloop; nou lê daai lewensdroom ook saam met so baie ander in skerwe onder in ’n drankglas. Wel, in Rhodos was ek en ’n Nieu-Seelander ook in ’n stadium aan die verkeerde kant van die Griekse regstelsel, maar dis ’n storie vir ’n ander dag...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.