Son, see, sandslawe en sensuur

TUSSEN YALLA EN HALLAS!*

Son, see, sandslawe en sensuur

SYBRANDUS ADEMA het ’n vergeetbare ses maande in Qatar as ‘joernalis’ gewerk. Hiermee ’n paar flardes van sy aanlyn dagboek oor daardie bisarre tye ’n paar jaar gelede, want hoe meer dinge verander …

SOOS in elke land is daar ook aangename inwoners, interessante dinge en unieke kenmerke. En soms pragtige reënboë. Wat Qatar uitsonderlik maak, is die kombinasie van wilde welvaart, enorme ego’s, ’n verterende verbruikerskultuur, ekologiese rampskade en die erg toekop Soennitiese wahhabisme. Ineengevleg met geldgierige, hoofsaaklik Westerse, buitelanders en misbruikte handearbeiders vanuit Asië. Die 2022 Sokkerwêreldbeker (https://www.youtube.com/watch?v=xI2v9AKV08Q) is nie net ’n klimaks hiervan nie, maar boonop ’n fantasie-veertjie in die emir se ghutra (hoofbedekking) wat bewaarheid is. Dié sportbedonnerde gegradueerde van die Britse Royal Military Academy in Sandhurst en de facto-eienaar van onder meer die Paris Saint-Germain-sokkerklub het immers ooit self voet aan bal gewaag. Ja-nee, om te dink Qatar was ’n paar dekades gelede basies paar windverwaaide dorpies en sandpaaie …

Oor sensuur

In Don’t They Know It’s Friday? A Cross-Cultural Guide for Business and Life in the Gulf skryf Jeremy Williams: “Gulf Arabs employed by government departments to oversee media output sometimes comment that expatriate editors…over censor. These foreigners probably take an over-cautious approach towards Gulf censorship in order to safeguard their careers. The effect is that Gulf censorship is often more rigorous than many Gulf nationals, and their leaders, actually require.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.