Rusland versus VSA: Afrika wil nie net kant kies

WAAR EN VALS, BEGRIP EN RESPEK

Rusland versus VSA: Afrika wil nie net kant kies

Rusland gebruik die destydse Sowjetunie se steun aan die bevrydingsbewegings as 'n doeltreffende manier om die aandag af te lei van sy ekstraktiewe benadering tot Afrika. Daarenteen word die VSA geminag, ondanks die veel groter voordele wat dié land vir Afrika inhou, skryf die joernalis en uitsaaier REDI TLHABI.

DIE jaar 2024 is 'n seminale oomblik in Suid-Afrika. Ons, soos die VSA, gaan 'n verkiesingsjaar binne. Ons vier ook 30 jaar sedert die eerste demokratiese verkiesing waar my grootouers, my ouers en elke stemgeregtigde swart burger vir die eerste keer uiteindelik sy of haar eie openbare verteenwoordigers kon kies.

Daardie eerste verkiesing was tekenend van 'n wedergeboorte – 'n nuwe land kon opstaan, die juk van rassisme, uitsluiting en onderdrukking afgooi, en 'n model bied vir 'n florerende veelrassige samelewing. Daardie verkiesing het gegaan oor die herstel van die waardigheid van swart mense en terselfdertyd die versekering vir wit burgers dat hulle ook 'n tuiste het. Die verkiesing het ook gegaan oor die verskaffing van dienste en ekonomiese geleenthede vir die voorheen benadeeldes.

Volgende jaar se verkiesing is 'n keerpunt, of liewer, dit kán wees. Ons kom by daardie verkiesing met baie van die beloftes van 1994 wat ontwykend en onvervuld bly. Die kruitvat wat ons demokratiese bestel ongedaan kan maak, is werkloosheid en ongelykheid. Dit moet ernstig opgeneem word aangesien dit 'n regstreekse uitwerking het op burgers se betrokkenheid en voorkeur vir of teen demokrasie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.