Cyril speel Jan Smuts, maar Brics Plus is ’n gevaarlike tier...

DIE KLUB WAARTOE ONS NOU BEHOORT

Cyril speel Jan Smuts, maar Brics Plus is ’n gevaarlike tier om op te saal

Vandeesweek se Brics-spitsberaad kan die internasionale magsbalanse vorentoe betekenisvol beïnvloed. Dit maak egter saak dat net ses van die 11 state in die vergrote klub demokrasieë is wat enige respek vir menseregte toon. Minstens drie van die state vermoor gereeld hulle eie burgers wat krities oor die regering is. Suid-Afrika kan dalk by Brics Plus baat vind, maar daar is 'n prys voor te betaal om saam met 'n klomp nare outokrasieë in die bed te wees, skryf MAX DU PREEZ.

EEN van die leidende staatshoofde van Brics is ’n reeksmoordenaar. Sy jongste slagoffer was ook ’n geweldenaar met duisende mense se bloed aan sy hande.

Op dag twee van die spitsberaad het Yevgeny Prigozhin, die man wat die gesag van Vladimir Putin van Rusland presies twee maande gelede openlik uitgedaag het, gesterf toe sy vliegtuig naby Moskou uit die lug geblaas is.

Dosyne van Putin se kritici is die laaste paar jaar vermoor of het in uiters verdagte omstandighede gesterf. Daar word al van die Sudden Russian Death Syndrome gepraat...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.