Die stryd om hart en long

ROOKVRY – VRY OM TE ROOK?

Die stryd om hart en long

JUAN JANSE VAN VUUREN vertel van die geskiedenis en gevolge van die rookgewoonte: van die eerste Spaanse roker wat in die 15de eeu deur die Inkwisisie as ‘duiwelsbesetene’ opgesluit is tot die kwispedoor, ‘vapes’ en Stoptober.

DIT het baie name: entjie, skyf, silla, ciggie, gifpyl, gwai, zaan – of sigaret – en (sommige) rokers het 'n uitgebreide, spesifieke woordeskat. As jy byvoorbeeld op straat net een wil koop, vra jy vir ’n “los trek”. As jy 10 kan bekostig, kan jy vra vir 'n pakkie “skaam”. Vra jy vir 'n hele pakkie, kry jy 20, en daar is 200 in 'n karton.  

'n “Stompiebak” is enige houer met droë, los sand om jou “toppies” in te gooi. Sou jy egter onderbreek word terwyl jy nog besig is om 'n “dampie” te maak, hoef jy nie te mors nie. Jy “nip” dit vir later. Maar as jy tot die “dampnasie” behoort, traak dit jou glad nie. Jy kan jou pyp “stamp” en enige plek neersit sonder om brand te stig.

Om die waarheid te sê, tot 1987 (https://untobaccocontrol.org/taxation/e-library/wp-content/uploads/2020/05/vanWalbeekPhDthesis.pdf) het Suid-Afrikaners gerook waar ons wou. Daar was asbakkies in elke kantoor, konferensiekamer en raadsaal. In hysbakke ook, sowel as op die rugkant van sitplekke in treine en busse. Vliegtuie ook, maar net tot 1989 (https://web.archive.org/web/20041219191755/http:/www.who.int/tobacco/training/success_stories/en/best_practices_south_africa_surveillance.pdf). Jy kon in 'n besige restaurant aan tafel sit en sonder enige gevolge jou pyp, sigaar of damesigaret aansteek. Sigarette was goedkoop en die belasting daarop was van die laagste ter wêreld...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.