Dan Moyane, ek het nuus vir jou oor nikotien!

DÍS NIE TWAK NIE

Dan Moyane, ek het nuus vir jou oor nikotien!

Die laaste paar dae was daar skielik ’n hele rits nuusberigte wat daarop dui dat die konsensusmening dat Covid-19 ’n respiratoriese siekte is, dalk verkeerd is, skryf PETER BRUCE.

DIE ENCA-nuusanker Dan Moyane is een van die gaafste ouens in joernalistiek. Ek hou hom altyd dop as ek hom op TV raaksien, want hy’s koel en kalm, iets wat ek self nooit sal kan wees terwyl die kameras op my is nie.

Maar ek het ’n bietjie gelag toe ek Maandagoggend na hom kyk; dit was óf aan die begin óf aan die einde van ’n skof. Hy en sy mede-anker het gepraat oor inperkings en so aan, en Moyane het teruggeleun en droogweg opgemerk dat “ek selfs al mense hoor sê het hulle dink om te rook kan help met hierdie virus”, en dit amper met ’n rol van sy oë afgemaak.

So, Dan, hierdie hele rubriek is opgedra aan jou, my vriend, op die gaafste moontlike manier. Ek het ’n klompie werklik interessante materiaal gaan opdiep waaroor ek hoop jy en jou regisseurs ’n bietjie sal navraag doen, en dokters en navorsers in die ateljee kry om vrae te beantwoord oor waarom hierdie dinge in die buiteland bespreek word, maar nie hier nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.