TOE my ma se parkinsons-ondersteuningsgroep begin praat oor die wondere van dagga-olie (wat mens kan kry by iemand wat iemand ken wat die “beste ooit” maak) het dit my ietwat tot onrus gestem omdat ek absoluut niks weet van die kannabinoïed-wêreld nie, behalwe my eie twee (wild uiteenlopende) ervarings.
Die eerste keer was ek 'n student. Dagga het my so paranoïes gemaak dat ek vir ure onder 'n tafel weggekruip het. Die tweede keer, 'n dekade later, iewers aan die Transkeise kus, oortuig 'n vriend my om 'n teugie te vat van 'n kontrepsie wat hy met 'n aartappel geprakseer het. Kom ons sê net alles het ewe skielik rooskleurig begin lyk. Die see was blouer, die strand eindeloos en die man met die aartappelpyp beeldskoon-begeerlik-mooi ...
Albei my ervarings is duidelik nie iets wat my moeder en die parkinsons-kennisse in gedagte het nie. Húlle is begeesterd oor 'n video wat iemand aangestuur het oor hoe daggadruppels help met die moeilike simptome van dié siekte. En hulle doen navorsing op die internet. Dit help met die bewerasies, sê hulle. Dit help met geheue. En dit help om jou beter te laat slaap. En, sê hulle: “Die mense" sê dit help vir alzheimers ook...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
‘Covid-brein’ en ander langtermyn-kwale