Verraad teenoor die mensdom wanneer stories stilgemaak word

IN TYD VAN OORLOG

Verraad teenoor die mensdom wanneer stories stilgemaak word

Hamas én die Israelse weermag skommel moraliteitsverhale rond om hul militêr strategiese doelwitte te pas, meen ISMAIL LAGARDIEN.

DIE konflikte wat wêreldwyd woed, van Palestina tot Oekraïne of Mianmar, laat ’n mens let op die manier waarop taal gebruik word en hoe verskuiwende moraliteite betekenisse en oortuigings verander, terwyl geweld geheilig, geregverdig of toelaatbaar gemaak word. Dit alles rus swaar op die pasifis en humanis met die weliswaar swaar, idealistiese geloof dat al ons pogings daarop gerig moet wees om die wesenlike welstand van die totale mensdom te verbeter en dat daar byna nooit genoeg rede vir geweld of moord is nie.

Die konflikte waarna ek verwys, dreig ook om die wêreld as ’t ware te verdeel. Ons het reeds gesien hoe Moslems, Jode, Europeërs, Afrikane, Asiate, sekulariste en evangeliesgesindes kant gekies het, en hoe mense, van voetbalspelers (https://dohanews.co/dutch-footballer-anwar-el-ghazi-dropped-from-german-club-over-support-of-palestine/) tot politici, (https://www.news24.com/news24/politics/political-parties/cachalia-axed-from-das-shadow-cabinet-for-airing-his-views-on-israel-palestine-conflict-20231102) hul werk of poste verloor vanweë die stories wat hulle vertel het. Ons het ook al gesien hoe wat ek as die Amanpour Conditionality sal beskryf, joernalistiek formuleer; voordat enigeen iets mag sê, moet hulle eers Hamas verwerp. (https://www.brecorder.com/news/40267203) Ons lei nou af dat die aandrang op ’n skietstilstand hervertel word as ondersteuning vir terroriste, terreur en moord. Ons lees berigte van hoe skerp kritiese stories oor lugaanvalle, wat selde met presisie uitgevoer word (militêre leiers sê hul doel is vernietiging, nie presisie nie), as ondersteuning vir terrorisme oorvertel word en hoe sommige stories tot loopbaanselfdood (https://www.currentaffairs.org/2021/02/how-the-media-cracks-down-on-critics-of-israel) kan lei.

Die joernalis Nathan Robinson (https://www.currentaffairs.org/2021/02/how-the-media-cracks-down-on-critics-of-israel) het in die tydskrif Current Affairs geskryf: “I had never thought about the question of whether I could suffer consequences for criticising the government of Israel (and US support for it). I have just about as much ‘free speech’ as you can get in this world. Perhaps I should have thought about it more, though, because as soon as I crossed an invisible line, it was very quickly made clear to me. The moment I irritated defenders of Israel on social media, I was summarily fired from my job as a newspaper columnist.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.