Israel: ’n idee gebou op skuiwende sand

GESAMENTLIKE NARRATIEWE

Israel: ’n idee gebou op skuiwende sand

Die idee dat die Jode al 3 500 jaar lank ’n ‘tuiste’ in westelike Asië het, is uiters gebrekkig, skryf ISMAIL LAGARDIEN. Wat van die mense wat 4 000 jaar gelede daar was, of enige datum vóór dit?

DIE opkoms van wêreldwye etnonasionalisme oor die afgelope dekade of so het ’n noodsaaklike fokuspunt geword, en dit is byna altyd met grondgebied of “die staat” verbind. Van opkomende wit oppermagtigheid in die VSA tot ’n beweging na ver regs na aanleiding van etnisiteit en suiwerheid in Hongarye, Indië en Pakistan – soeke na suiwerheid (https://www.theguardian.com/books/2018/jan/27/mohsin-hamid--exit-west-pen-pakistan) het politiek en polities-ekonomiese grondeienaarskap bepaal, en gewelddadige reaksie ontlok.

Reg onder ons neuse, as ’t ware, het die Israeliese etnonasionalistiese staat vorm aangeneem, met gevolglike verwoesting vir die Palestyne (https://en.wikipedia.org/wiki/Nakba#:~:text=The%20Nakba%20(Arabic%3A%20%D8%A7%D9%84%D9%86%D9%83%D8%A8%D8%A9%2C,majority%20of%20the%20Palestinian%20Arabs.). Die storie is vertel dat hulle nooit daar was nie en dat daar nooit so iets soos “’n Palestyn” was of is nie. Die Palestyne het nie ’n geskiedenis of toekoms nie. Dit is op sekere plekke gevaarlik en ’n rede vir geweld om selfs net die woord “Palestyn” te sê. In ’n onlangse videogreep wat vinnig op sosiale media versprei het, sien jy ’n man wat ’n werker van die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) aanval en hom dreig met: “Sê Palestina en ek sal jou doodmaak.” (https://www.youtube.com/watch?v=t7tsjIMh2-k)

Israel word voorgestel as die “tuiste” van die Jode en soos hul eerste minister, Benjamin Netanyahu, gesê het: Dit is al 3 500 jaar die Jode se tuisland. Twee belangrike kwessies is hier ter sprake. Die historiese en filosofiese word opsetlik voorgehou om die staat van Israel en uitwissing van Palestina (en die Palestyne) te regverdig, en sterk godsdienstige bevestiging aan Israel se weermag te verskaf. Dit is vervelig om te moet herhaal wat hierop volg. Dit kom daarop neer dat Netanyahu verkeerd is oor sy historiese verwysing, en ook bedrieglik. Wat hy sê het geen historiese of wetenskaplike grondslag nie. Laat my probeer verduidelik waarom ek hierdie stelling maak...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.