Fred de Vries is ’n Nederlandse skrywer en joernalis wat in 2003 na Suid-Afrika geïmmigreer het. Hy het voorheen in ’n punkgroep gespeel en het nege niefiksieboeke geskryf, waaronder Club Risiko, wat fokus op underground-musiek in die 1980’s in ses stede, insluitend New York en Johannesburg.
HACKNEY DIAMONDS
Oud soos die klippe, maar steeds geen teken van mos
Daar is ’n nuwe album uit van die groep wat Mick Jagger en Keith Richards 61 jaar gelede begin het. FRED DE VRIES deel sy gedagtes oor die Rolling Stones se eerste opname met oorspronklike materiaal in 18 jaar.
Deel
MY Instagram is onlangs onderbreek deur ’n advertensie vir ’n groep wat glo (en ek parafraseer hier) so goed klink soos, of selfs beter as die Rolling Stones en die Faces in hulle goue dae. Ek het vir 20 sekondes of so na die riffs geluister en gedink, ja, hulle klink pretty mean en funky. Maar toe vergeet ek om die naam van die groep na te gaan, so ek weet nie wie dit was nie. Google kon my ook nie help nie.
In elk geval, dit het my herinner dat die Rolling Stones steeds saak maak. En sowaar, ’n paar dae later word ons bederf met ’n nuwe album deur die groep wat Mick Jagger en Keith Richards 61 jaar gelede in ’n slaperige deel van Londen begin het. Soos julle almal seker teen dié tyd weet, die album heet Hackney Diamonds, wat glo sleng is vir die stukke glas wat agterbly nadat inbrekers ’n venster stukkend geslaan het.
Hackney Diamonds is die Stones se 24ste Britse en 26ste Amerikaanse ateljee-album (die verskil is omdat die eerste vyf Britse Rolling Stones-albums omskep is in sewe albums vir die Amerikaanse mark, wat materiaal van enkelsnitte en die Britse EP’s bygevoeg het). Dit is die groep se eerste plaat in 18 jaar met oorspronklike materiaal, wat dalk die rede is waarom dit met soveel oorgawe aangebied word, insluitende videogrepe, onderhoude en ’n enkelsnit, “Angry”, wat helaas gillend en monolities vir my ore geklink het en niks goeds vir die res van die album voorspel het nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Onder die radar van liefde op die grootpad
Rockmusiek se belangrikste dag
Die beste song. Ooit
KI kan nie magic op verhoë maak
As jy te oud raak vir acid rock ...
Deel
-
Deel
Fred de Vries
JoernalisFred de Vries is ’n Nederlandse skrywer en joernalis wat in 2003 na Suid-Afrika geïmmigreer het. Hy het voorheen in ’n punkgroep gespeel en het nege niefiksieboeke geskryf, waaronder Club Risiko, wat fokus op underground-musiek in die 1980’s in ses stede, insluitend New York en Johannesburg.