Skeer of spaar: ’n Ewige stryd om haar-af te bly

TUSSEN DIE LEMME

Skeer of spaar: ’n Ewige stryd om haar-af te bly

ALBERTUS VAN WYK het moeg geraak daarvoor om deur die internasionale skeermes-mafia uitgebuit te word en teruggekeer na die lemme van vervloë dae. Hier is sy ervaring.

IN die laaste paar weke grinnik ek telkens in my baard as ’n vriend op Facebook ween oor die prys van gehalte-skeermeslemmetjies. Die swak wisselkoers het lemmetjies blykbaar nóg duurder gemaak.

Ek sien skeer as ’n basiese menslike behoefte, net ’n halwe vlak bokant ons behoefte aan skoon water. Ek voel sterk dat ’n regering behoort in te gryp wanneer sy burgers nie meer toegang het tot bekostigbare gehalte-skeergoed nie.

As dit by goeie skeergoed kom, is die konsensus dat lemmetjies en room veel meer kos as wat mens sou verwag. Elke mens het ’n ingeboude aanvoeling vir wat noodsaaklike produkte behoort te kos. Wanneer ek meer as R20 vir ’n gewone bruinbrood, meer as R15 vir ’n liter vars melk of R22 vir ’n blikkie tamaties, moet betaal, wonder ek of iemand in die voorsieningsketting besig is om sy of haar minnaar se nuutste Italiaanse slapkappie-vuurwa uit my sak uit te finansier...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.