Wanneer laas het jy duimgegooi?

STORIES VAN RYLOPERY

Wanneer laas het jy duimgegooi?

Is die era van ryloop vir altyd verby? In die 1980’s het ALI VAN WYK die wêreld vol gereis met net sy duim as hulpmiddel.

DIT was vroeg op ’n Saterdagoggend in die herfs van 1987 (dit kon ook die lente gewees het), rondom 06:30, toe ’n vriendelike oorgewig man van vae Mediterreense afkoms (Joods of Libanees), my met sy lang, silwer Mercedes opgelaai het op die afrit vanaf die N3 van die ou Durbanpad (R23) buitekant Heidelberg.

Ek was 16, dalk 17. Ek onthou die man en sy motor so helder omdat hy aangebied het dat ek my ma kon bel op sy motorfoon. Dit was die eerste keer dat ek ’n motorfoon gesien het – dit was net die rykstes beskore. Dit was ’n lywige boks tussen die twee voorste sitplekke ingebou met ’n plat gehoor- en praatstuk tussen die man se kort vingers vol donker hare en goue ringe, wat met ’n kronkelkoord aan die boks vas was.

Hy was op pad na ’n steenkoolmyn iewers in die destydse Natal, het hy vertel, seker by Newcastle. Hy het groot masjiene en lorries wat erts hanteer aan mynmaatskappye verhuur...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.