Só lyk die ander kant van pynlike transformasie in sport

DIE EERSTE SLAGOFFER

Só lyk die ander kant van pynlike transformasie in sport

Transformasie in sport, hoe ongewild ook al by sommige sportliefhebbers en spelers, was noodsaaklik vir normalisering ná apartheid. Die wit spelers wat in dié proses uitgesluit is, is gewoonlik die fokus, maar DENNIS CRUYWAGEN het met ’n sportster gesels wat wys dat die bruin of swart spelers wat daardeur ‘bevoordeel’ word, dit ook soms erg pynlik ervaar as dit nie reg hanteer word nie: die Protea-krieketspeler en nuwe afrigter van Boland Krieket, Justin Ontong.

VIR krieketspelers is Australië, met sy beledigende en partydige ondersteuners, een van die moeilikste lande om in te toer. ’n Speler se reputasie kan hier gemaak of gebreek word.

Die voormalige Protea-kaptein Graeme Smith het onteenseglik bewys dat Australië nie ’n onoorwinlike omgewing is nie. Hy het in 2008 die ooraggressiewe Australië oorkom en sy naam in die annale van toetskrieket verewig toe die Proteas Australië in daardie toetsreeks verpletter het. Die voormalige Protea-sterkolwer Darryl Cullinan, wat deur Shane Warne meedoënloos getart en gespot is omdat Cullinan se paaltjie ’n maklike een was vir hom as die wêreld se voorste draaibouler, is egter ’n goeie voorbeeld van ’n uitmuntende kolwer wat misluk het in die wêreld waar slegsêery koning is.

Australië is ook ’n land wat slegte herinneringe inhou vir een van die mees belowende jong krieketspelers van daardie era, Justin Ontong, wat in die Paarl gebore en getoë is en wat onlangs as Boland se nuwe afrigter aangestel is. Sy herinneringe is egter nie soseer een van mislukking op die krieketveld in die een toets wat hy teen Australië gespeel het op die Sydney-krieketterrein in Januarie 2002 nie, maar wel van die manier waarop sy loopbaan daar van koers af gebring is deur die ingrype van Percy Sonn, die voormalige president van Krieket SA...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.