Soms is die Hel die Hemel

4X4-VRYHEID

Soms is die Hel die Hemel

’n Bonkige 4x4-voertuig is ’n statussimbool in lowerryke hoër-middelklaswoonbuurte. Maar, sê ALI VAN WYK, as jy verby jou vooroordele en pyn kan kyk, ontdek jy dalk ’n instrument van vryheid.

DIE vryste wat ek in my lewe gevoel het, was agter op ’n groot Willys Jeep-lorrie van die ou Botswana-weermag uit die 1950’s met sy wiele halflyf in die waters van die Okavango-delta. Ons was op pad na die Guma Island Lodge aan die westekant van die Okavango stelsel, waar die pypsteel en die oop waters van die delta bymekaar kom.

Of miskien was die vryste oomblik so 20 minute voor dit, toe ons geruisloos op ’n mokoro-boomkano deur ’n reeks waterstrate, stroompies en kuile gegly het. Dit was laatmiddag en die lig was sag en warm en die water bespikkel met pers en wit waterlelies.

Ons was omring deur watervoëls – bloureiers, reuse-reiers, ’n verskeidenheid eende– en in die bome die klokhelder geroep van die moeraswaterfiskaal. Toe ons van die mokoro’s oorklim na die Jeep en ’n ou Land Rover-bakkie, het die Tswana-gidse ons gemaan om nie te naby aan die water te staan nie, want ’n mens wil nie ’n krokodil onnodig in die versoeking lei nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.