Wie is jy wanneer die bomme val?

REALITEIT VAN LYDING

Wie is jy wanneer die bomme val?

Die wêreld het in die laaste twee dekades ’n minder voorspelbare plek geword. Jou kans om vasgevang te word in ’n situasie van trauma is deesdae groter as in 1999. ALBERTUS VAN WYK wonder hoe hy sou reageer in ’n rampspoedige omgewing.

EK vra myself deesdae gereeld af wie ek sal wees in ’n lewensbedreigende katastrofe en die daaropvolgende lyding. Ek praat van die soort situasie waarin ’n mens jou gewone handel en wandel opsy moet skuif, waarin jy veg-of-vlug-instinkte onder beheer moet kry en die enigste beplanning net vir oorlewing van die volgende paar uur is.

Ek praat van ’n ellende soos om ’n Jood te wees in Treblinka-konsentrasiekamp in 1942, of ’n boervrou met ’n baba in Bethulie-konsentrasiekamp in 1900, of om vasgevang te wees in die kelder van ’n kerk in Mariupol in Oekraïene in April 2022. Ek praat van om werkloos te sit in ’n sinkhuisie in ’n township buite Lichtenburg met geen krag of lopende water nie, met mense wat rondom jou doodgaan van Vigsverwante siektes, cholera, selfs honger.

Soos meeste middelklasmense is ek gereeld selfbejammerend, bietjie wrewelrig, oor my lot. Ek wens ek het dit beter gehad, dat ek minder hoef te werk en die vermoëns het om te reis en die wêreld te sien, om meer vakansie te hou in sielsverrykende plekke. Ek wens gereeld ek kon eet in restaurante waarvan ek maar net lees of om die soort voertuig te besit waarmee ek Botswana, Zambië en Tanzanië kan platry, en die geld vir brandstof...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.