Dis hier: Die waterkrisis waaroor ons al jare waarsku

ONGESUIWERDE LEIERSKAP

Dis hier: Die waterkrisis waaroor ons al jare waarsku

Nomvula Mokonyane het as destydse waterminister opgetree soos 'n vlieënier wat die radar afskakel omdat dit ongerieflike inligting gewys het. Daardie inligting het natuurlik nie weggegaan nie, sê ANTHONY TURTON.

HIERDIE week het ons nasionale water- en rioolkrisis behoorlik begin byt. 'n Mediastorm het losgebars oor die cholera-uitbraak in Hammanskraal en ten minste 23 gesinne treur oor hulle oorlede familielede.

Dis belangrik dat die dooies onthou word omdat hulle broodwinners in hulle gesinne was wat almal hulle bes gedoen het om die beproewings van ons tyd te oorleef. Hulle het onnodig gesterf, die slagoffers van die geleidelik ontvouende ramp waaroor ek reeds in 2008 gepraat het op 'n konferensie genaamd Science Real and Relevant.

By daardie konferensie is verwys na drie watergehalte-uitdagings waarvan dié van ons in die kwynende waterwetenskap-gemeenskap heeltemal bewus was, maar nie oor kon praat nie. Ons het tendense opgemerk wat die datastelle vir ons gewys het, en ons was bekommerd oor wat die uiteindelike gevolg van die trajekte op ons grafieke sou wees...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.