Gauteng se gesondheidstelsel kort nog net ’n spyker in die doodskis

GESONDHEIDSORG OF GOUDMYN?

Gauteng se gesondheidstelsel kort nog net ’n spyker in die doodskis

Ondanks ’n begroting van meer as R60 biljoen is die Gautengse openbare gesondheidstelsel in ’n kritieke toestand. Die een ná die ander skandaal maak die laaste paar jaar opslae: Life Esidimeni, tenderbedrog met persoonlike beskermende toerusting, die Rahima Moosa-krisis, Tembisa-hospitaalkorrupsie wat gelei het tot die dood van Babita Deokaran ... Maar wat word hieromtrent gedoen? vra ILSE SALZWEDEL.

DIE openbare gesondheidsorgstelsel in Gauteng is in die waaksaal – ironies, as mens in ag neem dat die provinsiale gesondheidsorgbegroting die afgelope twee dekades van net onder R6 biljoen (duisend miljoen) in 2000 toegeneem tot R60 biljoen vanjaar. Tien keer soveel geld in ’n provinsie waar die bevolking in dieselfde tydperk byna verdubbel het: van 8,8 miljoen mense (2001) tot ongeveer 16 miljoen tans, van wie ’n geskatte 64,2% aangewese is op die staat vir gesondheidsorg, volgens ’n 2022-verslag van die departement van gesondheid. (Net om dit in perspektief te stel: Die Wes-Kaap se gesondheidsbegroting is R23,8 biljoen met ’n bevolking van 7 miljoen waarvan 52% die openbare gesondheidsorgstelsel gebruik.)

Maar die baie geld vir Gauteng se gesondheidsorgstelsel beteken nie meer of beter hospitale of beter dienste vir pasiënte nie. Inteendeel, pasiënte in staatshospitale is deesdae baie slegter daaraan toe. Gewone landsburgers vertel gruverhale van onhigiëniese toestande, swak diens en nalatigheid, en hoofopskrifte in koerante en amptelike verslae, soos twee verslae deur die ombudsman vir gesondheid en een deur die kantoor van die openbare beskermer (OB) sedert 2017, bevestig dit.

Mens sou dink dat die verdoemende verslag deur die ombudsman vir gesondheid, prof. Malegapuru Makgoba, ná die Life Esidimeni-tragedie, waarin 144 pasiënte met geestesgesondheidstoestande gesterf het ná die gedwonge verskuiwing van meer as 1 500 pasiënte vanaf Life Esidimeni, die Gautengse gesondheidsowerhede tot inkeer sou bring. Of minstens sou laat nadink. Makgoba het onder meer bevind dat die departement nalatig opgetree het deur die pasiënte inderhaas te verskuif na 27 geriewe wat deur swak toegeruste, ongelisensieerde nie-regeringsorganisasies bedryf is. Die meeste van die sterftes was weens verhongering of nalatigheid...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.