Feit van die Saak | Wie en wat is al ons tradisionele leiers?

Feit van die Saak | Wie en wat is al ons tradisionele leiers?

Tradisionele leierskap is gebou op die hoogs subjektiewe konsep van etnisiteit, en daaruit volg weer wie geregtig is op oorgeërfde (gewoonlik patrilineêre) leierskap, wat dan weer bepaal wie beheer het oor sogenaamde kommunale grond. En sonder uitsondering het die gewoonlik informele “grense" tussen groeperinge oor die eeue geskuif en het daardie grondgebied groter of kleiner geword en soms heeltemal weggeval.

Pogings om dít alles van bo af binne 'n groter staat of kolonie te probeer akkommodeer en bestuur was nog altyd problematies en onderworpe aan die politieke belange en manipulasie van almal van Theophilus Shepstone, “Secretary for Native Affairs" onder Britse koloniale bewind, tot by Hendrik Verwoerd met sy tuislandbeleid.

Met die oorgang na demokrasie het dinge selfs ingewikkelder geword. Die beste voorbeeld hiervan is Inkatha, wat onder Mangosuthu Buthelezi tegelyk 'n groot en invloedryke groep kiesers én 'n magtige groepering van Zoeloe-identiteit was (en is). Om Inkatha tot deelname aan die nuwe demokrasie oor te haal, is die Ingonyama Trust tot stand gebring, 'n korporatiewe entiteit wat die grond besit en bestuur wat tradisioneel deur die Zoeloes besit is. Dié trust besit vandag net minder as 'n derde van al die grond in KwaZulu-Natal, met die koning wat dan weer die trust “namens en tot die voordeel van die Zoeloe-nasie" bestuur...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.