Nuwe raskwotas verdeel hulle nou al en saai onrus, sê jonges

IS KLAA WARRIT SOE IS

Nuwe raskwotas verdeel hulle nou al en saai onrus, sê jonges

Dit rumoer onder jongmense oor die regering se nuwe voorgestelde raskwotas, maar dis nie wat vir ANASTASIA DE VRIES bang maak nie. Dis die aanvoelbare, dreigende gees van boedel oorgee, Gods water oor Gods akker, ’n verslae gelatenheid soos dié van kinders wat deur hul pa verraai is, wat haar onrustig stem.

HY’s op sabbatsverlof tot die nuwe jaar toe, sê die joernalis, nou oudjoernalis. Soos ’n ryk man. En dan, kom die derde Januarie 2024, dan word hy ’n poacher. Soos van hom verwag word. Hy ken die see, hy’s van die see, hy was ’n see wat gee en gee. Tot die dag toe dit weggevat is, die stories vol woorde waarin hy dekades al die asem van soveel mense geblaas het. Die onsienlikes, die ongehoordes, uitskot van ’n samelewing waarin menswees al te maklik aan ’n soort pretty privilege gemeet word. Hulle van wie hy nou een is.

Hy’t sy werk verloor. Nou gaan hy ’n poacher word. Op 3 Januarie 2024. Hy sê dit soos iemand wat ’n grap vertel. Van die twee, drie bakkies wat hy donkernag die see gaan instoot met die geld wat hy gaan uitkry. Dan skep hy sommer werk vir die veles wat altoos op die strand lê en wag vir ’n loswerkie. Ou vistermanne wat oor die see sit en tuur met die verlange van ’n kind na ’n ma in hul oë. Hoeveel stories het hy nie oor viskwotas geskryf nie, hoe dit brood steel uit die monde van mense wat hulle die minste kan verset. So spesifiek, 3 Januarie, vra ongemaklike jy. Poaching nogals? Jy praat afgemete, wil nie klink of jy oordeel nie. Hy lag sy bulderlag, ’n lag wat jou oor jare al kon laat lag tot die trane oor julle wange stroom. Soos nou.   

Maar dié keer weet jy nie of jy lag omdat jy nie wil huil nie. Lagmag, het die digter Peter Snyders eens geskryf, die behoud van mense wat staande moet bly voor vernedering en smaad. Lagmag vir ’n mens wat laat loop is. Korreksie, keer hy, hy’t nie sy werk verloor nie; hy’t dit opgegee, vrywillig ’n pakket gevat. Hom laat hy nie soos ’n hond wegjaag nie. Gaan seker ook nou jou lewe maak uit poaching, het iemand laat hoor toe hy sy besluit bekendmaak. Hy’t net gelag. Hy ís van die see, ken die see, ís ’n see. Maar hoe en waar skop jy ’n ander man wat inderdaad gelaat loop is? Dit was ’n verskriklike dag, die dag toe die uitdunning begin het, sê hy. Doen jy tog weer aansoek vir hierdie pos, is sommige gevra, en jy wat oorgeslaan word, jy mag maar loop. Hy sweer hy kon die bloedkrete hoor van diere wat uitgekeer word. Hy kon nie bly nie, wou nie bly nie. Hy het in die oë gekyk van jong joernaliste wat hy help oplei het en dieselfde honger gesien wat aan hom bly knaag het toe hy vroeg in sy loopbaan sy werk verloor het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.