Laat hulle praat, dié jonges

ONS GHAI NET

Laat hulle praat, dié jonges

In die stemme van haar jong besoekers hoor sy nou die dag die bitter smaak wat hierdie land en sy regeerders al hoe meer in hulle mond laat, sê ANASTASIA DE VRIES. En sy wens dat hulle energie, hulle egtheid, hulle eerlikheid iets merkwaardigs in hierdie land kon laat gebeur.

WERKERSDAG. ’n Gewone dag. Alledaags, sou ’n mens kon gesê het, was dit nie vir Queen se polsende musiek en die klank van jongmensstemme in jou huis nie. In die kombuis stoof die allerverleidelikste geure op uit potte en panne en in die oond broei ’n skaapboud in sy eie sous. Jy lê soos ’n kwien op ’n bank, handjies aan die saligheid en elke sintuig oorgegee aan ’n vrolike gebabbel. Jy vergewe die hier en daar se skunnigheid. Jy vermoed jy is uitgehonger vir die gepraat van jonges wat darem al ’n bietjie geleef het, vyf of ses jaar al die vreugde en pyn van grootmens wees leer ken het.

So laat hulle praat, dié jonges, presies net soos hul monde staan. “Praten is het meest originele, creatieve, persoonlijke en fantastische dat je kunt doen,” sê die skrywer en dramaturg Judith Herzberg eens in ’n onderhoud. Praat kos niks, dit stroom maar deur, volgens haar, oral om jou, in die hele wêreld, asof goud voortdurend uit elke kraan stroom. Vir haar is praat “weggooiteksten, in de zuiverste zin van het woord. Een enorme schat aan energie, merkwaardigheid en echtheid”.

En kan hulle praat, dié jonges. Oor uncle C wat al hoe meer lyk of hy helemaal gebokkapater is. Sy ma het haar na die Here gewend toe Covid hul pa gevat het, maar toe beurtkrag verlede week die yskas vat wat haar man haar op hul 25ste huweliksherdenking geskenk het, het sy haar goeie maniere verloor, woordeloos voor die toe deur bly sit en huil, vertel een. Ek blo julle nou, het sy later gedreig, as sy daai presidensiële mannequin op die lyf loop, gaan  sy hom R5 in die hand stop. Dè, meneer, sal sy sê, loop koop vir jou R5 se knaters; dit sal ook al help. Nou hoop hy maar die president kom nooit Goodwood se kante toe nie, sê hy, want keer, gaan hy sy ma nie keer nie. Terloops, hy dra nog steeds vir antie Entjies in sy hart. Verbod op die wettige verkoop van sigarette en toe word die mark oorstroom deur onwettige rookgoed en elke roker kry vir hom of haar ’n merchant, verspotte vrou! Hy sal onthou as sy dit waag om sy steun te kom soek in die volgende verkiesing.  ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.