’n Chatbot op Tinder kan liefde verhinder

CHATBOT-BOLLEMAKIESIES

’n Chatbot op Tinder kan liefde verhinder

Die mees onlangse love of my life het sonder twyfel een of ander chatbot ingespan vir haar flikflak-navorsing. Moontlik nog dieselfde een wat ek gebruik het om my Tinder-profiel saam te stel, skryf TINUS HORN.

KYK, die enigste rede waarom ek nog mededoë vir die prez het, is dat ek so gesukkel het met flikflakke tydens liggaamsoefening op skool. Ek weet hoe smartlik dit voel om op jou gesig te val.

Ek en my vriend Danie, ook ’n pokkel, het op ’n keer agter in die ry probeer wegkruip tydens flikflak-periode, maar ongelukkig het daar dele van ons by die kante uitgesteek.

Die onderwyser, wie se naam en bynaam ek genadiglik vergeet het, roep ons toe nader, vir my en Danie. “Manne,” sê hy toe. “Manne, manne, manne. Skaam vir julle.” Hy het amper hartseer gelyk. “Julle sal nog leer, manne. Dis beter om te probeer en te misluk as om glad nie te probeer nie.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.