Daar’s ’n hele Afrika op my stoep

ALLES AANLYN BESTEL

Daar’s ’n hele Afrika op my stoep

Sy het vreeslik opgesien teen ’n aanlyn bestaan en nou, dag ná dag, is dit einste aanlyn wat vir haar broodnodige tyd uitkoop, en veral tyd om ’n hele vasteland te verken, van Suid-Afrika tot die Kongo, sommer hier voor haar hek, vertel ANASTASIA DE VRIES.

SOMS is dit dieselfde mense, telkemale iemand anders. Hulle dra inkopies aan, kos. Alles aanlyn bestel. Ai, hoe het die heldinne nie geval nie! En dié een, die halsstarrigste onder ons, is nou voorstebos aanlyn, ken nie meer die binnekant van ’n winkel of ’n eetplek nie. In ’n ry staan of wag vir ’n tafel is vir haar nou so BC, before covid. ’n Skrale 60 minute en daar is eet- en drinkgoed in die huis. Sy koop glads al haar eie aandeel in die kolonel se hoenderplek soos sy krummelhoender bestel. Sy “steel” tyd vir dinge met dringende spertye. Maar sy kry ook tyd vir ’n kykie in die Afrika wat elke derde dag of so by haar hek kom aanmeld. Salig is sy!

Daar is Pascal met die verslete foto van sy vrou en kinders in sy binnesak. Pascal met die wye glimlag en die hartseer, waaksame oë wat altyd Afrikaans met my praat. Hy’t die foto gewys die dag toe sy dogter saam met hom aflewerings kom doen het. Ons gegroet het intussen al verander in ’n paar vriendelike woorde en later ’n gesprek. Hy’t haar, toe nog ’n baba, in ’n sak op sy rug gedra toe hy met sy gesin uit hul geboorteland probeer vlug het. Sy vrou en twee seuns het gesneuwel. Hy’t hulle bo-op mekaar in ’n veld begrawe en ver weg met sy kosbare vrag oor hoeveel lande getrek. Hy’t dood gespeel toe ’n koeël hom tref en hy op sy rug beland. Genadiglik het die baba nie ’n geluid gemaak nie. Hy’t eers gedink hy’t haar doodgeval, sy kleine Licia Pepetua.

Maar sy is veilig hier, al ken sy haar land en haar ma en broers net uit die stories wat hy vertel. Oor jare het die gras op die foto vaal geword, die bome minder groen, die mense slegs nog in sy drome. Sy is veilig, die baba wat ’n tiener geword het, maar sy sukkel soms bietjie, vra al hoe meer wie sy nou eintlik is, wat sy is, waar sy hoort. Sy is ’n Afrikaanse Kongolees, sê sy toe byna uitdagend vir my. Ja, het haar pa gesê, dis die taal wat sy om haar gehoor het in die buurt waar hulle hul gevestig het toe sy skaars ’n jaar oud was. En nou is dit die taal waarin sy is. Hy ook, meestal. Langste laas, sê hy dan wanneer hy my ’n ruk nie gesien het nie. En sy, lank laas gesien, my antie, as sy die dag saam is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.