Kiekies van ’n aardige kind

HERINNERING IS VERDAG

Kiekies van ’n aardige kind

DEBORAH STEINMAIR onthou haar verlede lukraak en stuk-stuk, soos verbleikte Polaroids.

MY verlede is nie ’n foto-album nie, maar ’n boks verbleikte en voosgevatte Polaroid-kiekies, deurmekaar, glad nie chronologies gerangskik nie. As ek een gryp om daarna te kyk, verander my blik dit op die plek. Soms in die laatnag probeer ek dit saamflans in iets soos ’n mosaïek. Die lekker ding van ’n mosaïek is: Anders as ’n legkaart het elke stukkie nie net een aangewese plek nie. As die teëltjie nie wil inpas nie, kom jy hom by met ’n mosaïekskêr wat meer na ’n skerp tang lyk en sny hom tot hy pas.

Ek probeer soms geheuekiekies van ’n bepaalde tydperk saam rangskik. Toe ek klein was, het ons in Villieria, 'n voorstad van Pretoria, gewoon in ’n pophuisie teen die rant, die heel laaste huis voor die berg begin het. Die wêreld het net-net begin sin maak en ek het besef daar is mense wat anders as ons is. Ons bure was Engelse. Die heel eerste Engelse woord wat ek gesnap het, was toe ’n dogtertjie met haar vinger wys en sê: “Look!” Aha.

Ek en my boeties was mal oor die strokiesprente in die Sondagkoerant. Daarom het ek geweet die buurman lyk soos Ben, Babsie en familie se Engelse buurman: silwergrys hare met ’n effense krul agteroor gebrylcreem, side-whiskers, ewig ’n sigaret tussen die lippe, bleek, maer bene. Sy vrou het soos Andy Capp se vrou, Flo, gelyk: groter en sterker as hy. Dit het sy ook bewys toe hulle eenkeer in ’n motorongeluk was. Dit was voor die dae van Shatterprufe. Ná die slag was die voorruit se glas vol spierwit weerligvurke sodat hy nie kon uitsien nie. Sy het met haar kaal vuis die ruit uitgeslaan en moes steke kry...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.