BILL BRYSON is ’n fenomeen. Sy niefiksieboeke is propvol feite en inligting, so onweerstaanbaar opgedis dat dit topverkopers word. As hulle ’n bot kon programmeer om feite te verslind en so onderhoudend soos Bryson tot ’n samehangende geheel te verweef, sou ek in KI glo.
Hy is in Amerika gebore, maar woon in Engeland. Sy grootste treffers was ’n boek oor Engeland, Notes from a Small Island, en A Short History of Nearly Everything wat die Aventis- en Descartes-pryse gewen het en die grootste niefiksieverkoper van die dekade in die Verenigde Koninkryk was.
Sy brein is ruim en omvattend en hy is ongeneeslik nuuskierig oor alles onder die son. Nou het hy ’n lywige boek oor die menslike liggaam geskryf – weer eens ’n topverkoper. Die uitgawe wat op my lessenaar beland het, is hardeband, volkleur, met fassinerende mikrofoto’s van selle, senuwees, parasiete en allerlei komponente van die menslike lyf, asook lynsketse uit dr. Henry Gray se beroemde anatomiehandboek en foto’s van Middeleeuse skilderye...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.