Die treurspel van wanvoeding in SA

OM KOS UIT KINDERS SE MONDE TE STEEL

Die treurspel van wanvoeding in SA

'n Kwart van Suid-Afrikaanse kinders se breine sal weens wanvoeding nooit tot hulle volle kognitiewe potensiaal ontwikkel nie. Laat dit 'n bietjie insink, sê ANNELIESE BURGESS.

STATISTIEKE vertel netjiese stories in netjiese syferverpakkings. Maar dit het 'n verdowende effek. Dit ontsmet die storie van die menslike sy sodat dit maklik deur die krake van ons empatie gly. By die een oor in en by die ander uit.

Lees die volgende verstommende syfers oor ons land. En probeer met elke woord die absolute groteskheid vóél van die menslike treurspel wat in hierdie syfers vervat word:

Een uit elke tien Suid-Afrikaners sê hulle ervaar elke dag hongerte. Meer as 'n kwart van Suid-Afrikaanse kinders ly aan onomkeerbare liggaamlike en neurokognitiewe skade as gevolg van wanvoeding. Vir baie van die nege miljoen kinders wat deur die skoolskemas gevoed word, is dié maaltyd die enigste een wat hulle daardie dag sal kry.In Maart verlede jaar is sewe kinders in Butterworth aan akute wanvoedig dood. Nog agt het in Lusikisiki se hospitaal om hulle lewe geveg. En dit is net die oortjies van die seekoei. Die Verenigde Nasies (VN) sê akute wanvoeding is die onderliggende rede vir baie kindersterftes − 'n derde van kindersterftes in hospitale word met wanvoeding verbind. Die Economic Justice and Dignity Group, 'n  navorsingsorganisasie in Pietermaritzburg, sê syfers wys dat dit nou R838 per maand kos om 'n kind van 'n basiese gesonde dieet te voorsien. Dit is aansienlik hoër as die tesourie se nasionale armoedegrens van R663 of die Sassa-kindertoelaag wat nou op R500 staan.Volgens 'n peiling het net 23% van kinders tussen 6 en 23 maande 'n minimum aanvaarbare dieet. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.