Welkom by die Slag van 2023

KABOEM! KABOEM!

Welkom by die Slag van 2023

Vir ALBERTUS VAN WYK, ’n handelaar in waardevolle tweedehandse meubels, was 2023 tot dusver ’n uitdagende toets. Hy probeer kop of stert daarvan uitmaak.

PRESIES ’n jaar gelede het ek, as klein en nuwerige entrepreneur (toe ses jaar aan die gang), ’n rubriek vir Vrye Weekblad geskryf (https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2022-10-20-ek-wil-my-eie-baas-wees-/) om die sakelesse te deel wat ons tot op daardie punt geleer het.

Ek was ligweg bekommerd dat dit verwaand kon oorkom as iemand wat so kort in die bedryf was sy lyf sake-ghoeroe hou. Maar, het ek gedink, benewens entrepreneur is ek ook ’n joernalis en ek hou van stories vertel en ervarings deel, en daar is geen beter tyd om ’n storie met helderheid en lewe te vertel as wanneer die storie eintlik oor jou spoel nie.

Ek het ook gedink dat ons onderneming in slegs ses jaar genoeg storms oorleef het om ’n paar wyshede te kón deel. Ons het die onderneming in 2017 gestig, net betyds om in die voetheuwels van ’n resessie rond te ploeter, en toe kom daar ’n ingrypende pandemie, kompleet met maande lange grendeltye en inperkings, en nie te lank daarna nie hernude ontwrigtende kragonderbrekings...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.