Kameras wys hoe die oulike katjies van Kaapstad (en elders)...

SKATTIG MAAR WREED

Kameras wys hoe die oulike katjies van Kaapstad (en elders) heel moorddadig raak

Van haar beste vriende is crazy cat ladies, en sy sou seker self een kon wees as sy nie ’n begeesterde voëltannie was nie, sê ANNELIESE BURGESS. Katte is skattig en lekker om te knuffel en bied vir baie mense kosbare geselskap, maar hulle is ook gemaak om te jag en dood te maak. Kaapstad se 300 000 katte sal na raming jaarliks tot 30 miljoen diere doodmaak (en in Kaapstad kom voëls eintlik ligtelik daarvan af in vergelyking met ander diertjies).

WETENSKAPLIKES sê (https://www.smithsonianmag.com/smithsonian-institution/ask-smithsonian-are-cats-domesticated-180955111/) daar is min wat die gemiddelde huiskat (Felis catus) van sy wilde broer (Felis silvestris) skei.

Alle katte is instinktief rondlopers en natuurlike roofdiere. Hulle het 'n sterk dryfkrag om hul prooi te bekruip, te bespring en te vang. Hulle voorvaders was alleenlopende jagters, en hierdie roofinstink is in hul DNS ingegraveer. Al maak huiskatte nie meer staat op jag vir oorlewing nie, bly hierdie instink steeds diep in hulle wese.

Katte is ook “gedwonge karnivore", wat beteken dat hulle vleis móét eet om te oorleef. Katte jag nie omdat hulle honger is nie. Hulle is biologies gebou om moordmasjiene te wees...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.