Fassinerende dieremaniere

TRIVIA OOR DIE NATUUR

Fassinerende dieremaniere

DEBORAH STEINMAIR verkneukel haar in dierefeite, soos dat die steenbok sy drolletjies begrawe soos ’n kat.

ONS was lief vir Chappie-papiertjies, lank voor Google en Wikipedia. Het jy geweet? het ons graag voorgelees vir mekaar.

Die mens was nog altyd geïnteresseerd in kitsfeite en in klassifikasie, om soort by soort te sit. Die vader hiervan was die Sweedse botanis Linneaus met sy taksonomie van alle lewende organismes in die boek Systema Naturae van 1735.

Ons wil steeds weet wie en wat hoort waar. Het jy geweet ’n aardvark is geen vark nie en pas nêrens in nie? Hy is ’n genus en spesie op sy eie. Enig in sy soort, die enigste verteenwoordiger van die orde Tubulidentata, wat “buisagtige tande” beteken. Hierdie dier lyk soos ’n samestelling, soos daardie kinderboekie Deurmekiere, waar jy die bo- en onderdele van verskillende diere kan saamvoeg om nuwe diere te vorm: Sy snoet lyk soos ’n vark s’n, sy ore soos ’n haas s’n en sy stert soos ’n kangeroe s’n...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.