Hoe ouer, hoe kamper

HET DAKTENT, SAL KAMP

Hoe ouer, hoe kamper

Die naaste wat EMMA BEKKER ooit aan kamp wou kom, is die drag queen-tipe. Dit was selfs 'n soort voorhuwelikse voorwaarde, maar hier bevind sy haar nou tog wel in die wêreld van ablusieblokke, daktente en wilde diere.

DIE groot uitdaging in enige intieme langtermynverhouding is om persoonlike groei en verruiming binne die verhouding in wans met mekaar te hou. Dit bly ’n uitdaging om gesprekke te inisieer wat onderhandelde grense van oudsher bevraagteken. As mens 15 jaar in ’n verhouding in besluit dat die lewe in ’n rubberpak jou lewensgehalte en seksuele prikkeling gaan verhoog en jou partner hou van kaftans en die sendelingposisie, lê daar ’n vermaaklik-traumatiese reeks geselsies in julle toekoms. Selfs as die liefde dik loop.

My geliefde is nie ’n onthouspeletjiekampioen nie. Hy is te geïnteresseerd in sy 15 miljoen belangstellings om hom oor klein besonderhede te verknies. My geheue is heeltemal anders gerat. Ek het ’n databasis van klein detailtjies vir oorlewing en pret in my soogdierbrein. Dis bepaald ook een van die redes hoekom ons vir amper drie dekades mekaar vermaak en frustreer.

Ons het vroeg in ons huwelik ’n besluit geneem: Ons wil nie ons fleur op ander se drome verkwis nie. ’n Jaar gelede verskoon my man hom vrywillig van die korporatiewe bankmeul, agt jaar voor die bestemde tyd. Nuwe vistas wink. ’n Nuwe man ontluik voor my. Ons heimlike hippie-inklinasies tuimel soos rolbosse uit hulle kaste uit, saam met die laaste gram fornikasies oor wat die res van die wêreld dink...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.