Die ontsporing van die gesprek

SJAMPANJEES EN SEKS

Die ontsporing van die gesprek

EMMA BEKKER was ’n 22-jarige ma toe sy in Nederland al die seksonderrig kry wat sy nie geweet het sy kort nie.

“PIEMEL vindt ik een lief woord, bijna een koosnaam. Lul klinkt ruw ... naar eigenlik ...”

Penisse kom onder die loep. Meer die woord as die objek. Dis die vooraand van my 50ste verjaarsdag en ek en twee van my liefste vriendinne, albei Nederlands, praat vlot sjampanjees en seks ná ’n luilekker lunch op my stoep. Ons is al drie woordvroue en in die vleeslike sporte veterane. Die kaasbord van die viering is vrymoedige besprekings oor vrysake.

Die ontsporing van die gesprek het begin by ’n verjaardagkaartjie met ’n meerkat op. My vraag was of hierdie gediertetjie in Nederlands ’n meerpoes is. Een hoor toe “smeerpoes” en ons besluit summier dat dit ons woord van die jaar is. Smeerpoes: iemand wat ander beswadder om hulleself goed te laat lyk. (Kug, sekere wêreldleiers is prima voorbeelde. Gebruik gerus as jy so geroepe voel, dis kopieregvry. Bedank ons net heimlik as jy bevryding deur jou voel vloei ná dié uiting. Dit verwys na ’n kat en nie na vroulike geslagsdele nie. #wokealert.)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.