Kan almal wat nie oukei is met LGBTQQIP2SAA+ nie, net flippen bykom?

DIE EINDE VAN VROUE?

Kan almal wat nie oukei is met LGBTQQIP2SAA+ nie, net flippen bykom?

C. LOUISE KORTENHOVEN (sy/haar/haar) en haar kollegas word dikwels gevra om uitsluitsel te gee oor ’n juiste definisie van allerlei konsepte en idees wat dalk nie meer dieselfde beteken as selfs net maande gelede nie. Vandag deel sy ’n fassinerende gesprek wat onlangs in haar departement se teekamer plaasgevind het.

DIE meeste van ons wat die uitkristallisering van nuwe kennis as ’n onlosmaaklike aspek van ons lewensroeping aanvaar het, besef hoe kritiek belangrik dit is om in ons intellektuele omgang met mekaar deurlopend ’n konsensus te probeer bou aangaande die akkurate definiëring van deurslaggewende woorde en frases.

Dit is helaas selde ’n proses wat sonder aansienlike serebrale wrywing geskied, maar dis terselfdertyd nie iets waarvan ’n opregte soeker na die waarheid ooit durf wegskram nie. Trouens, die Zen-Marxistiese denkskool wil dit hê dat dit soms juis die skynbaar totale afwesigheid van kennis, insig en wysheid is wat die beste voorspeller van ware maatskaplike progressie is.

So byvoorbeeld vra my ou kollega dr. Coenie Lingus (hy/hom/sy) nou die oggend tydens ons departement se gebruiklike 11:37-teepouse: Wat is nou eintlik deesdae die aanvaarbare definisie van ’n vrou?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.