Elektriese heinings is doring in ietermagogs se skubberige vlees

SKUBBERIGE SLAGOFFERS

Elektriese heinings is doring in ietermagogs se skubberige vlees

Stroping haal hoofopskrifte, maar elektriese heinings eis sowat 20 keer meer ietermagogs in Suid-Afrika. ’n Akademikus probeer nou oplossings vind, skryf DAVE CHAMBERS.

DIE stroping van ietermagogs haal gewoonlik ’n hoofopskrif of twee, veral as dit tronkstraf van 10 jaar meebring of wanneer stropers die dier vir R250 000 in die parkeerterrein van ’n winkelsentrum probeer verkwansel – soos wat verlede jaar in Suid-Afrika gebeur het.

Stroping eis na raming elke jaar tussen 50 en 100 ietermagogs, maar hou nie die grootste bedreiging vir dié skubberige miervreters in nie. Die grootste bedreiging is menslike aktiwiteite in die vorm van die oprigting van elektriese heinings, wat elke jaar sowat 2 000 ietermagogs eis.

Dié diere se skubbe dien as wapenrusting en hulle het gevolglik min natuurlike vyande. Maar hulle sterf dikwels hulpeloos wanneer hulle opkrul rondom lae elektriese struikeldrade (trip wires), wat dikwels ingevolge wetgewing en deur versekeraars aan weerskante van heinings van 2,4 meter vereis word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.