EK sit in ’n gogelgreep voor die rekenaarskerm. Asof ek na ’n fliek kyk. ’n Ruimte-eeu-lokettreffer. Al die elemente is daar. Die blou koepel bo Cape Canaveral, Florida. ’n Ronde lanseerblad, die kersregop SpaceX Falcon 9-vuurpyl in die middel. Die enorme staalstruktuur wat die vaartuig stut. Vloeibare suurstof wat wit draakasem tussen die verskillende koppelings van die vuurpyl sluier. Selfs die nasale stemme wat afgemete frases oor die eter stuur, herinner aan 2001: A Space Odyssey. Maar hierdie is geen fantasie nie. Dis die YouTube-stroom van sekerlik dié vuurwerk van hierdie nuwe jaar.
… drie … twee … een …
SpaceX Falcon 9 se Transporter 6 lanseer skouspelagtig bo brisante bollings. Hoër skiet die spigtige pyl, kleiner strek die strook aarde doer onder. Kommentatorverduidelikings van wentelbaan, maksimum aërodinamiese druk, hoofenjin-afskakel en nege enjins se stadia-skeiding volg. Ek sukkel om alles in te neem; emosie hardloop hoendervel oor my. Aan boord van hierdie epiese sending is 114 satelliete van oor die hele wêreld. Nommer 114 is uit eie bodem...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.